Lofprysing is wonderlik! Die Skotse pastoor, Robert Murray McChenye, het altyd lofliedere gesing wanneer sy hart koud was ten opsigte van die sake van die Here. Dan het hy die Here geloof en geprys totdat die moedeloosheid gewyk het en hy weer positief gevoel het. Sy huisgenote het altyd geweet wanneer hy wakker geword het, want hy het altyd die dag met ’n loflied begin. Eendag, terwyl hy besig was om vir prediking voor te berei, het hy in sy joernaal geskryf: “Is dit die verlange van my hart om algeheel heilig te word? … Here … U weet al hierdie dinge … ek het die afgelope tyd soveel doodsheid en hartseer beleef. Maar teen die aand begin ek altyd beter voel. Het ’n kalmte van gees gekry [deur te sing] en te bid.” McChenye het nuwe moed gekry deurdat hy die Here geloof en geprys het. Miskien voel jy ook vandag asof jy deur die dieptes gaan, iets wat John Bunyan die slough of despondency genoem het. Begin om ’n loflied tot eer van die Here te sing. Die psalmdigter sê: “Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade” (Psalm 89:2). Wanneer ons dit doen sal die lofprysing nie net oor ons lippe vloei nie, maar ook uit ons hart voortkom. Die Here wil graag aan jou “vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer” (Jesaja 61:3) gee. Ja, dis beslis baie goed om te alle tye die lof van die Here te besing (Psalm 147:1).