’n Klerk wat my gehelp het toe ek ’n klein digitale opvangtoestel wou aankoop, het my vertel dat hy ’n soortgelyke een in sy motor aanhou wanneer hy in Kalifornië werk. “Wanneer ek na werk die rit huis toe aanpak, skakel ek die toestel aan en dan praat ek oor alles wat daardie dag op kantoor gebeur het, goed of sleg. Wanneer ek by die huis aankom, druk ek die knoppie en vee alles uit.” Met ’n glimlag het hy vervolg: “Aangesien ek al die probleme by die werk aan die opvangtoestel meegedeel het, hoef ek dit nie weer met my vrou en kinders te bespreek nie.” Dit het my daaraan herinner hoe dikwels ek al my probleme met ander mense deel in plaas van om dit aan die Here toe te vertrou. Die psalmdigter skryf: “Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug” (Psalm 62:9). Hy meld twee keer dat hy in stilte op die Here gewag het, sy rots en sy redding (Psalm 62: 3,7). Alhoewel dit groot troos bied om jou probleme met ’n goeie vriend te deel, is dit soveel beter om dit aan die Here toe te vertrou. Hy is die goeie, betroubare Vriend wat in elke situasie hulp verleen. Joseph Scriven het die pragtige lied geskryf: