Jean-Dominique Bauby se memoirs, The
Diving Bell and the Butterfly, beskryf sy
lewe na ’n massiewe beroerte wat hom in
’n toestand bekend as Locked-In sindroom
gelaat het. Alhoewel hy feitlik geheel en al
verlam was, kon hy sy boek skryf deur
slegs sy linkerooglid te beweeg. ’n Helper
het die gekodeerde alfabet afgelees en
Bauby sou sy ooglid knip wanneer die
spesifieke letter gelees is. Die boek het
ongeveer 200,000 oogknippe vereis. Bauby
het die enigste fisiese vermoë wat hy nog
gehad het, gebruik om met ander te
kommunikeer en ’n boodskap uit te dra.
In 2 Timoteus lees ons dat Paulus ’n
ander soort Locked-in ondervinding beleef
het. Hy was in huisarres en het verneem
dat sy teregstelling moontlik binnekort sou
geskied.
Met hierdie vooruitsig skryf hy aan
Timoteus: “Vir hierdie evangelie ly ek
verdrukking, selfs in boeie … maar die
woord van God kan nie geboei word nie” (2 Timoteus 2:9). Ten
spyte van sy gevangenskap het hy besoekers verwelkom, briewe
van bemoediging geskryf en hom verheug dat die Woord van God
steeds verder uitgedra word.
Miskien is daar sommige van ons wat ook vandag afgesonder is
van ander mense. Lê jy dalk in die hospitaal, of is jy in die tronk en
laat dit jou voel dat jy ook aan die Locked-in sindroom ly? As dit
waar is van jou, wil jy nie biddend nadink oor maniere waarop jy
nogtans na ander kan uitreik nie.