Ons wat in lande woon waar die evangelie vrylik verkondig mag word, besef nie die verskriklike geestelike nood wat heers in areas waar mense nog nooit van Jesus gehoor het nie. Wanneer ons dink aan die miljoene wat Christus nie ken nie, behoort ons met deernis vervul te word en in beweging kom net soos ons Meester in Matteus 9 vers 36.
Robert Moffat (1795-1883) het in Engeland gepraat oor die werk wat hy in Afrika gedoen het. ’n Jong student het aandagtig geluister toe Moffat ’n toneel beskrywe het: “Daar is ’n uitgestrekte vlakte in die noorde waar ek al dikwels soggens gesien het hoedat die rook vanaf duisende statte in die lug opstyg, statte waar daar nog nooit ’n sendeling was nie.”
“Die rook van duisende statte.” Die woorde skilder ’n aangrypende toneel en dit het die jong student diep geraak. Gevul met hierdie visioen, het hy na Moffat gegaan en gevra: “Sou ek geskik wees vir Afrika?” Die student was die bekende sendeling, David Livingstone.
Ja, Christus sê: “Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes” (Johannes 4:35). Hy het vandag nog arbeiders nodig. Saam met Moffat en Livingstone kan ons ons die “rook van duisende statte” voorstel en dan moet ons die Here vra dat Hy aan ons moet toon wat ons ten opsigte daarvan moet doen en hoe ons die evangelie kan uitdra aan hulle wat nog nooit gehoor het nie.- Richard De Haan
Die rook van duisende statte
Lees: Matteus 9:32-38 Die Bybel In Een Jaar: Amos 4-6 Openbaring 7
Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry. -Matteus 9:36
Red die sterwendes, dié wat vergaan
Ruk hulle uit die mag van die dood;
Ween oor afgedwaaldes en dié wat struikel
Vertel hulle van Jesus – Redder in nood. – Crosby
Ons kan na ’n wêreld in nood uitreik, deur die Woord wat hulle nodig het, te verkondig.
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized