Ek onthou hoe my pa gepraat het oor hoe moeilik dit was om nie betrokke te raak by die voortdurende argumente oor verskillende interpretasies van die Bybel nie. Hy het ook onthou hoe goed dit was wanneer albei partye ooreengekom het om te verskil.
Is dit regtig moontlik om onversoenbare verskille tersyde te stel wanneer so baie op die spel skyn te wees? Paulus beantwoord hierdie vraag in sy Nuwe-Testamentiese brief aan die Romeine. In sy skrywe aan die lesers wat vasgevang is in sosiale, politieke en godsdienstige konflik, stel hy maniere voor waarop hulle tot eensgesindheid in die mees gepolariseerde omstandighede kan kom (14:5–6).
Die manier waarop ons ooreen kan kom om te verskil – volgens Paulus – is om te onthou dat elkeen van ons verantwoording aan God sal doen, nie slegs wat ons opinies betref nie, maar ook hoe ons mekaar behandel wanneer ons verskil (vs. 10).
Toestande vir konflik kan geleenthede word om te onthou dat daar dinge is wat belangriker is as ons eie idees – selfs meer as ons interpretasies van die Bybel. Ons sal ons moet verantwoord of ons mekaar – ook ons vyande – liefgehad het soos Christus óns liefgehad het.
Noudat ek daaraan dink: my pa het ook gepraat oor hoe goed dit is om nie net ooreen te kom om te verskil nie, maar om dit met wedersydse liefde en respek te doen.