Ná ’n hele paar jaar waarin Angie op akademiese gebied probeer byhou het, is sy uiteindelik uit haar keurlaerskool gehaal en oorgeplaas na ’n “normale” skool. Neem ’n mens Singapoer se hoogs wedywerende onderwysomgewing in ag, waar ’n “goeie” skool jou vooruitsigte kan verbeter, kan dit as ’n fout gesien word.
Angie se ouers was teleurgestel, en Angie self het gevoel asof sy nie die paal kon haal nie. Ná ’n kort rukkie het die negejarige besef wat dit beteken om saam met gemiddelde leerders in ’n klas te wees. “Mammie, ek hoort hier. Ek word uiteindelik aanvaar!”
Dit laat my dink aan hoe opgewonde Saggeus, die hooftollenaar, moet gevoel het toe Jesus Homself na sy huis genooi het (Luk. 19:5). Dit was vir Christus belangrik om saam met dié wat weet dat hulle foute het en nie God se genade verdien nie (vs. 10), te eet. Hy het ons gevind, en Hy het ons lief. Daarby het Hy ons ook die belofte van volmaaktheid gegee op grond van Sy dood en opstanding. Dit is slegs deur Sy genade dat ons volmaak word.
My geestelike reis blyk ’n reis van voortdurende worsteling te wees – ek weet my lewe voldoen nie aan God se ideaal nie. Dit is egter vertroostend om te dink dat ons altyd aanvaar word, want die Heilige Gees verander ons al hoe meer om soos Jesus te wees.