As tiener is ek deur die kenmerkende tydperk van rebellie teen my ma se gesag. My pa is oorlede voordat ek adolessensie bereik het, dus moes my ma gedurende daardie onstuimige jare sonder sy hulp ouerleiding bied.

Ek onthou dat ek gedink het Ma wou nie hê ek moet plesier hê nie – en dalk het sy my nie eers liefgehad nie – want sy het so dikwels “Nee!” gesê. Ek besef nou dat sy Nee gesê het vir die aktiwiteite wat nie goed sou wees vir my nie, juis omdat sy my liefgehad het. Die Israeliete het vanweë hul ballingskap in Babilonië God se liefde vir hulle bevraagteken. Hy het egter daardie gevangenskap gebruik om hul voortgesette rebellie teen Hom reg te stel. Die Here stuur toe die profeet Maleagi na hulle toe met hierdie openingswoorde: “Ek het julle lief” (Mal. 1:2). Israel is skepties en vra hoe God hulle liefhet – asof hulle wil sê: “Regtig, Here?” Maar God herinner hulle by monde van Maleagi aan die manier waarop Hy Sy liefde bewys het: Hy het hulle bo die Edomiete gekies.

Almal van ons ondervind moeilike tye. Dalk word ons gedurende daardie tye versoek om God se liefde vir ons te bevraagteken. Laat ons dan dink aan die vele maniere waarop Hy Sy ewige liefde aan ons bewys het. Wanneer ons stil raak en oor Sy goedheid nadink, vind ons dat Hy inderdaad ’n liefdevolle Vader is.