My Oklohoma vriend, John, het graag tornados gevolg. Hy het die storms versigtig deur middel van radio kontakte en radar opgespoor en hulle verwoestende pad goed dopgehou sodat hy skielike rigting-veranderings aan mense wat in die tornado se pad is, kan deurgee.

Eendag het ’n tregtervormige wolk so vinnig van koers verander dat John hom skielik in groot moeilikheid bevind het. Gelukkig kon hy betyds skuiling vind.

John se ondervinding daardie dag het my aan ’n ander verwoestende pad laat dink: sondes in ons lewens. Die Bybel sê: “Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood” (Jak. 1:14–15).

Hier vind vordering plaas. Wat aanvanklik as onskadelik voorkom, kan vinnig buite beheer raak en verwoesting saai. Maar wanneer versoeking dreig, bied God skuiling teen die naderende storm.

Uit God se Woord leer ons dat Hy ons nooit sal versoek nie en dat onsself vir ons besluite te blameer is. Maar wanneer ons in “die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat [ons] dit kan weerstaan” (1 Kor. 10:13). Wanneer ons in tye van versoeking na Hom draai en Sy hulp vra, gee Jesus aan ons die krag om te oorwin.

Jesus is vir altyd ons skuiling.