“Hoekom moet ons verhuis?” het my seun gevra. Dit is moeilik om aan veral ’n vyfjarige te verduidelik wat ’n tuiste werklik is. Omdat ’n woning ’n plek is waar geliefdes tuis gaan, was ons eintlik besig om ’n huis te verlaat maar nie ons woning nie. Woning is die plek waarheen ons terugkeer na ’n lang reis of na ’n dag se werk.
Jesus het kort voor sy dood, terwyl Hy in die bokamer was, aan Sy dissipels gesê: Julle moet nie ontsteld wees nie” (Johannes 14:1). Die dissipels was onseker van hulle toekoms omdat Jesus Sy dood voorspel het. Maar Jesus het hulle van Sy teenwoordigheid verseker en hulle daaraan herinner dat hulle Hom weer sal sien. Hy het aan hulle gesê: “In my Vader se huis is daar baie woonplek … Ek gaan om vir julle plek gereed te maak” (vs. 2). Hy kon ander woorde gebruik om die hemel te beskryf. Hy het egte woorde gekies wat, in plaas van ’n vreemde ongemaklike plek, eerder op ’n plek dui waar Jesus, ons Geliefde, sal wees.
S. Lewis het geskryf: “Ons Vader verfris ons op ons reis met aangename rusplekke, maar sal ons aanmoedig om hulle nie verkeerdelik as ’n woning te sien nie.” Ons kan God dank vir die “aangename rusplekke” in ons lewens, maar laat ons onthou dat ons regte woning in die hemel is waar ons “altyd by die Here [sal] wees” (1 Tessalonisense 4:17).