Ons, ek en my man, het na Seattle verhuis om naby my suster te wees. Ons het nie geweet waar ons sou woon of werk nie. ’n Plaaslike kerk het ons gehelp om blyplek te vind: ’n huurhuis met baie slaapkamers, waarvan ons baie aan internasionale studente kon verhuur. Vir die volgende drie jaar was ons vreemdelinge wat ander vreemdelinge verwelkom het. Ons het met mense van oor die hele wêreld gedeel.
God se mense weet wat dit beteken om ver van die huis af te wees. Die Israeliete was vir etlike honderde jare letterlik vreemdelinge – en slawe – in Egipte. In Levitikus 19 lees ons dat God, afgesien van bekende instruksies soos byvoorbeeld “Julle mag nie steel nie” (vs. 11) , Sy volk daaraan herinner om vreemdelinge met empatie te versorg omdat hulle geweet het hoe dit voel om vreemdelinge en bang te wees (vv. 33–34).
Alhoewel ons as volgelinge van God, nie letterlik vreemdelingskap ervaar nie, weet ons almal hoe dit voel om “vreemdeling” in die wêreld te wees (1 Petrus 2:11) – mense wat, as gevolg van trou aan ’n hemelse koningkryk, soos vreemdelinge voel. Ons word opgeroep om gasvry te wees – vreemdelinge wat vreemdelinge in God se familie verwelkom. Ons eie spontane verwelkoming, het ons geleer om ander welkom te laat voel – dit is die hart van God se familie (Romeine 12:13).