Ek het myself hierin gekry, so ek beter myself hieruit kry, dink ek soms. Hoewel ek glo in ’n God van genade, dink ek nog dat Sy hulp net beskikbaar is, wanneer ek dit verdien.

God se eerste ontmoeting met Jakob is ’n pragtige voorbeeld van hoe onwaar dit is.

Jakob het sy lewe lank probeer om sy lot te verander. Hy is tweede gebore, toe eersgebore seuns hulle pa se seën ontvang het – dit is geglo dat dit welvaart verseker.

Jakob het besluit om te doen wat ookal nodig was om sy pa se seën te ontvang. Uiteindelik het hy dit reggekry – deur bedrog – om die seën te ontvang (Genesis 27:19–29).

Maar die prys was ’n verdeelde gesin, toe Jakob vir sy woedende broer gevlug het (vv. 41–43). In die nag (28:11) moes Jakob so ver van ’n lewe van seëninge gevoel het, as ooit.

Dit was egter daar, met ’n spoor van bedrog agter hom, dat Jakob God ontmoet het. God het hom bewys dat hy nie desperate skemas nodig het om geseënd te wees nie; hy was alreeds. Sy bestemming – ’n doel ver bo materiële welvaart (vs. 14) – was stewig in die hande van die Een wat hom nooit in die steek sou laat nie (vs. 15).

Ons sal ook ons lewe lank aan hierdie les leer. Dit maak nie saak hoeveel verwyte ons dra of hoe afsydig God voel nie, Hy is steeds daar – Hy lei ons uit ons gemors na Sy seëninge.