Die luide, droewige roep het die lug deurklief daardie donker middag. Ek kan my dit selfs voorstel dat dit die geluid uitgedoof het van die treurendes wat by Jesus se voete vergader het. Selfs die gekerm van die sterwende misdadigers wat weerskante van Jesus gehang het, was sekerlik vir ’n oomblik deur die roep onderbreek.
“My God, my God, waarom het U my verlaat?” het Jesus in pyn en in die uiterste wanhoop uitgeroep toe Hy daar op Golgota aan die kruis van skande gehang het. (Matt. 27:45-46).
Meer hartverskeurende woorde kan ek my nie voorstel nie. Sedert die begin van die tyd was Jesus in perfekte gemeenskap met God die Vader. Saam het hulle die heelal geskep, die mens na hulle beeld gemaak en verlossing beplan. Nog nooit was hulle nie in totale gemeenskap met mekaar nie.
En nou, soos die angs en benoudheid van die kruis Jesus in verwoestende pyn laat, terwyl Hy die las dra van die sonde van die wêreld, verloor Hy vir die eerste keer die aanvoeling van God se teenwoordigheid.
Dit was die enigste manier. Ons verlossing kom slegs tot stand deur hierdie periode van gebroke gemeenskap. Dit was ook omdat Jesus gewillig was om verlatenheid aan die kruis deur te maak, dat die mens nou gemeenskap kan verkry met God.
Dankie Jesus dat ons vergifnis kan verkry deur al die pyn wat U deurstaan het.