’n Paar jaar gelede het ’n vriendin se seuntjie weggeraak terwyl hulle deur ’n skare mense mense geloop het op Union Stasie in Chicago. Dit was ’n skrikwekkende ervaring. Rasend het sy sy naam uitgeroep en teruggehardloop na die roltrap, terug op haar spore, in ’n poging om haar seuntjie op te spoor. Die minute wat hulle weg van mekaar was, het soos ure gevoel. Skielik het haar seuntjie uit die skare gekom en in die veiligheid van haar arms gehardloop.
Terwyl ek aan my vriendin gedink het wat enigiets sou doen om haar kind weer te kry, vul dit my met ’n hernude sin van dankbaarheid vir die verstommende werk wat God gedoen het om ons te red. Van die tyd wat die eerste van Sy beelddraers – Adam en Eva – afgedwaal het, het Hy die verlies aan gemeenskap met Sy mense betreur. Hy het tot die uiterste uitgereik om hierdie verwantskap te herstel toe Hy Sy enigste Seun gestuur het “om te soek en te red wat verlore is.” (Luk. 19:10) Sonder die geboorte van Jesus, en sonder Sy bereidheid om te sterf om die prys te betaal vir ons sonde en ons na God te bring, het ons niks om te vier gedurende Kersfees nie.
Laat ons hierdie Kersfees dankbaar wees dat God die uiterste maatreëls toegepas het om Jesus te stuur om ons verhouding met Hom te herstel. Hoewel ons eens verlore was, is ons danksy Jesus gevind!