Onlangs was ek van die laaste passasiers om aan boord te gaan van ’n groot straler. Ek het ’n sitplek langs die vlerk bekom, maar die enigste plek vir my handbagasie was in die oorhoofse rak in die heel laaste ry. Ek sou moes wag tot die heel laaste passasier die vliegtuig verlaat het voor ek my sak kon kry.
Toe ek my sitplek inneem, het ’n gedagte het by my opgekom: Was dit van die Here? “Dit sal jou regtig nie kwaad doen om te wag nie. Dit sal eintlik goed wees.” Toe neem ek my voor om die ekstra tyd te geniet. Ek het die ander pasassiers bygestaan om hulle bagasie af te haal en selfs die vlugassistent gehelp om op te ruim. Toe ek my bagasie kon kry, het iemand opgemerk dat hulle gedink het ek werk vir die redery.
Dié dag se ondervinding het my aan Jesus se woorde aan die disippels laat dink: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” (Markus 9:35)
Ek het gewag oor ek nie anders kon nie, maar in Jesus se “agterstevoor” koninkryk is daar ereplek vir diegene wat vrywillig opsy staan ter wille van ander.
Jesus het in ons gejaagde, ek-eerste wêreld ingekom, nie om gedien te word nie, maar om te dien, en om Sy lewe as losprys vir baie te gee (Matt. 20:28). Ons dien Hom die beste deur ander te dien. Hoe laer ons buig, hoe nader is ons aan Hom.