Dit was duidelik dat my aangenome seun ietwat ondervoed was. Ons het hom oorlaai met liefde en vir hom gegee wat hy ontbreek het, veral kwaliteit kosse, maar tevergeefs. Daar was geen vordering nie. Na amper drie jaar moes ons uitvind dat hy vir sekere kossoorte weerstandig was. Nadat ons hierdie kossoorte uit sy dieet verwyder het, het hy ’n hele 13 sentimeter in slegs ’n paar maande gegroei. Ek was jammer oor die lang tydperk van verkeerde voeding, maar tog verheug oor die beterskap in sy gesondheid.
Ek glo dat Josua ook net so verheug was toe die verlore wetboek na baie jare in die tempel gevind is. Soos wat ek jammer was oor my onopsetlike versuim om my seun reg te voed, was Josua ook seker baie jammer en hartseer omdat hy onwetend versuim het om God se droom vir Sy volk raak te sien (2 Kon. 22:11). Alhoewel hy geprys was omdat hy gedoen het wat reg was in God se oë (vs. 2), het hy nou sy tekortkominge raakgesien en besef hoe hy God selfs beter kan eer. Met sy nuutgevonde kennis kon hy God se volk weer in aanbidding lei soos wat God dit vereis het (23:22-23).
As die Bybel ons leer hoe om God te behaag, raak ons ook hartseer as ons ons tekortkominge raaksien. Ons vind egter vertroosting daarin dat Hy ons sal genees en herstel en tot groter begrip en kennis sal lei.