’n Vriendin wat haar skoonmoeder versorg het, het haar gevra wat sy die heel graagste wou hê. “Dat my voete gewas word,” het die dame geantwoord. My vriendin het erken: “Ek het dit gehaat! Elke keer wat sy my gevra het om dit te doen, was ek teësinnig en het ek die Here gevra om my gevoelens weg te steek.”
Maar op ’n dag het haar onwillige gesindheid binne ’n oomblik verander. Sy het die skottel en handdoek geneem en by haar skoonmoeder se voete gekniel. Sy vertel: “Ek het opgekyk en ’n oomblik lank het dit gevoel asof ek Jesus se voete was. Sy was as Jesus vermom!” Ná hierdie ervaring was dit vir haar ’n eer om haar skoonmoeder se voete te was.
Toe ek hierdie roerende verhaal hoor, het ek Jesus se profetiese rede oor die einde van die tyd onthou. Hy het die mense op die Olyfberg geleer en hulle vertel dat die Koning Sy seuns en dogters wat die siekes besoek en die hongeriges gevoed het, in Sy koninkryk verwelkom met die woorde: “Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matt. 25:40). Ook ons dien Jesus persoonlik wanneer ons die gevangenes in tronke besoek en klere vir die armes gee.
Mag jy vandag my vriendin se hart deel: wanneer sy iemand ontmoet wat sy nie ken nie, wonder sy: “Is (U) Jesus wat vermom is?”