Ek en my broer verskil minder as ’n jaar van mekaar en het taamlik baklei. Pa het verstaan. Hy het broers. Ma? Nie veel nie.

Ons verhaal kon in Genesis 1 ingepas het as Die geskiedenis van broedermededinging. Kain en Abel, Isak en Ismael, Josef en alle ander wat nie Benjamin genoem is nie (Gen. 4; 21:8-10; 37). Maar wat vyandskap tussen broers betref, word Jakob en Esau nie maklik oortref nie.

Jakob het sy tweelingbroer twee maal verkul, daarom wou Esau hom vermoor. Dekades later sou Jakob en Esau versoen raak (Gen. 27:41; 33), maar hul vyandskap is voortgesit in hul nageslagte – Israel en Edom. Toe die Israeliete die beloofde land wou binnegaan, het Edom ’n magtige leër uitgestuur (Num. 20:14-21). Heelwat later, toe die inwoners van Jerusalem voor die aanvalsmagte vlug, het Edom die vlugtelinge vermoor (Ob. 1:10-14).

Die Bybel vertel nie net van die hartseer van ons gebrokenheid nie, maar ook van God se verlossing. Jesus het alles verander toe Hy gesê het: “Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê” (Joh. 13:34). Hy het dit gedemonstreer deur vir ons te sterf.

Ek en my broer het nader aan mekaar gegroei, want wanneer ons antwoord op die vergifnis wat God bied, verander Sy genade broederwedywering in broederlike liefde.