Die sanger/liedjieskrywer Robert Hamlet het “Lady Who Prays for Me” as ’n huldeblyk aan sy ma geskryf. Sy het ’n punt daarvan gemaak om soggens vir haar seuns te bid. Nadat ’n jong ma Hamlet hoor sing het, het sy haar daartoe verbind om vir haar eie seuntjie te bid. Die gevolge was verblydend! Net voordat hy by die deur uitgegaan het, het sy vir hom gebid. Vyf minute later was hy terug ... met kinders van die bushalte saam met hom! Sy ma was verstom en wou weet wat aangaan. Die seun het geantwoord: “Hulle mammas het nie vir hulle gebid nie.”
In die boek Efesiërs spoor Paulus ons aan om “alles biddend en ... by elke geleentheid” (6:18) te doen. Dit is noodsaaklik om ons afhanklikheid van God in ’n gesin te demonstreer aangesien baie kinders God eers leer vertrou wanneer hulle ware geloof in die mense die naaste aan hulle waarneem (2 Tim. 1:5). Daar is nie ’n beter manier om die belangrikheid van gebed aan ons kinders te leer as om vir en saam met hulle te bid nie. Dit is een manier waarop hulle genoodsaak voel om persoonlik, in die geloof, na God uit te reik.
Wanneer ons “leiding aan ’n jongmens [gee]” deur “opregte geloof” in God (Spr. 22:6; 2 Tim. 1:5), gee ons hulle ’n spesiale gawe – die versekering dat God ’n alomteenwoordige deel van ons lewens is; dat Hy voortdurend liefdevol is, en dat Hy ons lei en ons beskerm.