My ouers is in 1933 tydens die Groot Depressie getroud. Ek en my vrou is Baby Boomers, ons is deel van die buitengewone toename in geboortes na die Tweede Wêreldoorlog. Ons 4 dogters, gebore in die jare 70’s en 80’s, behoort aan die Generasie X en Y. Omrede ons in verskillende tye grootgeword het, is dit nie verbasend dat ons verskillende menings oor baie dinge het nie!

Geslagte verskil hemelsbreed in hul lewenservarings en waardes. Dit is ook waar onder die volgelinge van Jesus. Maar ondanks ons kleredrag, of musiekvoorkeure is ons geestelike verbintenis sterker as dié verskille.

Psalm 145, ’n lofgesang aan God, verkondig ons eenheid van geloof. “Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade … Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel” (vs. 4, 7). Ten spyte van verskille in ouderdom en ervaring word ons saamgesnoer om die Here te eer. “Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag” (vs. 11).

Terwyl verskille en voorkeure ons kan verdeel snoer ’n gedeelde geloof in Christus ons saam in wedersydse vertroue, bemoediging, en lofprysing. Ten spyte van ons ouderdom en opvattings het ons mekaar nodig! Ongeag ons leeftydsgroep, ons kan van mekaar leer en saam die Here eer – “Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit” (vs. 12).