John F. Burns het vir veertig jaar wêreldgebeure vir The New York Times gedek. In ’n artikel, wat na sy aftrede in 2015 geskryf is, het Burns die woorde van ’n goeie vriend en mede-joernalis, wat aan kanker sterwend was, opgehaal. “Moet nooit vergeet,” het sy kollega gesê: “Dit is nie hoe ver jy gereis het nie; Dit is wat jy teruggebring het.”
Psalm 37 kan beskou word as Dawid se lys van wat hy van sy reis van die lewe “teruggebring” het, van skaapwagter tot soldaat en koning. Die psalm is ’n reeks koeplette wat die bose met die regverdiges vergelyk en die erkenning van dié wat die Here vertrou.
“Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer” (vs. 1-2).
“Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op” (vs. 23-24).
“Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie” (vs. 25).
Wat het God ons geleer uit die ervarings van die lewe? Hoe het ons Sy getrouheid en liefde ervaar? Op watter maniere het die Here se liefde ons lewens gevorm?
Dit is nie hoe ver ons in die lewe gereis het nie, maar wat ons terugbring, wat tel.