My kleindogter se gunsteling deuntjie is een van John Philip Sousa se marse. Sousa, die “koning van marsmusiek” was gedurende die laat negentiende eeu ’n Amerikaanse komponis. Moriah speel nie in ’n orkes nie; sy is slegs twintig maande oud. Sy is net lief vir die deuntjie en kan selfs ’n paar note neurie. Sy assosieer dit met vreugdevolle tye. Wanneer ons as familie saamkom sal ons dikwels hierdie lied neurie gepaard met handeklap en ander uitbundige geluide, en die kleinkinders dans of paradeer in sirkels op maat daarvan. Dit eindig altyd met duiselig kinders en baie gelag.
Ons gejuig herinner my aan die Psalm wat ons aansê, “dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!” (Psalm 100 vers 2). Toe Koning Salomo die tempel ingewy het, het die Israeliete dit met lofprysings gevier (2 Kronieke 7:5-6). Psalm 100 kon dalk een van die liedere gewees wat hulle gesing het. Die Psalm verklaar: “Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam,” (Psalm 100 verse 1, 2, 4). Waarom? “Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag!” (vers 5).