Een wintersdag het ’n Christen opgemerk dat iemand ’n gerf koring op die grond neergegooi het. ’n Groep honger spreeus was besig om ’n ongeskeduleerde fees te geniet. Die man het gehuiwer en toe ’n tree in hulle rigting geneem. Die voëls het onrustig geword. Nog ’n tree nader en die onrustigheid neem toe. Toe skielik vlieg die voëls weg en laat hulle feesmaal net so lê.
Die man het daar gestaan en oor die situasie nagedink. Waarom het daardie spreeus weggevlieg? En toe skiet ’n gedagte hom te binne. Dis ek, Ek is te groot. Toe dink hy skielik aan iets anders. Hoe kon hy tussen die voëls rondloop sonder om hulle met sy grootte af te skrik? Slegs as dit vir hom moontlik was om ’n spreeu te word en af te vlieg en by hulle aan te sluit.
Dadelik het die geestelike analogie hom getref. God het Abraham deur hemelse boodskappers genader. Hy het met Moses gepraat vanuit ’n brandende bos. In albei gevalle was die mans bevrees. Maar eeue later het die engel van die Here aan skaapwagters verskyn en gesê: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” (Lukas 2:11). Daardie skaapwagters het hulle na Betlehem gehaas en alhoewel hulle in die teenwoordigheid van die Here was, was hulle nie bang en verskrik nie. Die heilige God het die gestalte van ’n mens aangeneem, Hy het een van ons geword, en daarom was hulle nie bang nie. – Paul Van Gorder
Hy het naby gekom
Lees: Jesaja 9:1-7 Die Bybel In Een Jaar: Amos 7-9 Openbaring 8
Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee. -Jesaja 9:5
Sonder huiwering, sy liggaam van vlees en bloed,
Word Hy mens en openbaar so God se plan.
O die heerlike wonder van die offer op Golgota,
Jesus word mens,Hy word ’n gewone man. – Booth-Clibborn
Deur Christus se geboorte word die ewige God binne bereik van die sterflike mens gebring.
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized