My kinders het gedurende ons koue Idaho-winters die ysskaatsbaan in ons agterplaas geniet. Dit was ’n uitdaging om hulle te leer skaats, om hulle te oorreed om doelbewus een voet op die harde ysoppervlak neer te sit, want hulle het geweet dit is seer om te val. Wanneer hul voete onder hulle padgegee het, het ek of my man uitgereik om hul weer orent te trek, hul regop te laat staan totdat hulle stewig staan.

Die gawe waarvan Prediker praat, is om iemand te hê om ons op te help wanneer ons val. Ons werk beter en doeltreffender wanneer ons saam met ander werk (4:9), en ’n vriend bring warmte in ons lewe. Dit help om iemand wat praktiese en emosionele steun bied by ons te hê wanneer uitdagings voorlê. Dié soort verhoudings kan ons versterk, koers gee en bemoedig.

Is daar ’n helpende hand wanneer ons ons op die koue ys van die aanslae van die lewe bevind? Of, as iemand anders ’n vriend nodig het, is ons nie dalk God se antwoord om hulle op te help nie? Wanneer ons ’n maat vir ander is, kry ons dikwels ook een. As dit lyk asof daar niemand om ons is om ons weer op ons voete te help nie, vertroos die wete ons dat ons God nog altyd bereid was om te help in nood (Ps. 46:2). Wanneer ons ons hande na Hom toe uitsteek, is Hy gereed om met ons Sy stewige greep op ons vas te laat staan.