In 2017 het Orkaan Harvey vloede van katastrofiese omvang in oostelike Texas veroorsaak. Die geweldige reën het duisende mense in hul huise vasgekeer toe hulle nie die vloedwaters kon ontsnap nie. Met hul bote – die “Texas Navy” genoem – het baie van die private inwoners van ander dele van die staat en nasie gehelp en die vasgekeerde mense na veiligheid gebring.

Die optrede van hierdie dapper en behulpsame manne en vroue herinner ons aan die vermaning in Spreuke 3:27, wat ons oproep om ander te help wanneer ons kan. Hulle het die mag gehad om diegene in nood te hulp te kom met hul bote. En hulle hét. Hulle dade toon ’n bereidwilligheid om die hulpmiddele wat hul tot hul beskikking gehad het, tot voordeel van ander in te span.

Ons voel nie altyd toegerus vir die onmiddellike eise nie. Soms verlam die gedagte dat ons nie die vermoëns, ervaring, hulpmiddele of tyd het om ander te help nie, ons. Dis dan dat ons ons onttrek en dít wat ons wel het om ander te kan help, geringskat. Die “Texas Navy” kon nie verhoed dat die vloedwater styg nie, hulle kon ook nie staatshulp wettig nie. Tog het hulle dít wat in hulle mag was: hul bote, gebruik om hul naaste in hul diep nood by te staan. Mag elkeen van ons ons eie “boot” – wat dit ook al mag wees – bring om ons naaste na hoër hoogtes te neem.