Ek bewonder mense wat gebedsversoeke aanteken, rekord hou van elke gebed en lofprysing en wat gereeld hulle rekords opdateer. Ek word geïnspireer deur mense wat byeenkom om saam te bid en wie se bedmatjies deur gereelde neerknielende gebed verslyt is. Ek het vir jare lank hierdie perfekte gebedstyl in my strewe na welsprekendheid probeer aanleer en daarna gestreef om, na wat ek gedink het die misterie van gebed is, te ontrafel.

Dit het uiteindelik tot my deurgedring dat ons Here ’n eenvoudige gebed wat met nederigheid begin en eindig, verlang (Matteus 6:5). Hy nooi ons uit tot ’n intieme gesprek waardeur Hy belowe om te luister (vs. 6). Hy vereis nooit snaakse of gememoriseerde woorde of uitdrukkings nie (vs. 7). Hy verseker ons dat gebed ’n geskenk is, ’n geleentheid om Sy grootsheid te eer (vv. 9–10), om ons vertroue in Hom te vertoon (vs. 11) en om ons sekerheid in Sy vergifnis en lyding te bevestig (vv. 12–13).

God verseker ons dat Hy elke gesproke asook stille gebed hoor en daarvoor omgee, selfs die gebede wat soms as stille trane oor ons wange loop. Soos wat ons ons vertroue in God en in Sy perfekte liefde stel, kan ons daarvan seker wees dat gebed wat met ’n nederige hart, wat aan Hom oorgegee en van Hom afhanklik is, tot Hom gerig word, altyd die regte manier is om te bid.