Ek het stip na die water gekyk, op my hoede vir tekens van moeilikheid. Tydens my ses-uur skof as ’n lewensredder, het ek, vanaf die kant van die swembad, gewaak om die veiligheid van die swemmers te verseker. As ek my pos sou verlaat, of selfs net laks in my oplettendheid raak, kan dit ernstige gevolge hê vir diegene wat in die swembad is. As ’n swemmer in gevaar van verdrinking is, weens ’n besering of ’n gebrek aan vaardigheid, is dit my verantwoordelikheid om hulle uit die water te pluk en na veiligheid op die swembad se kant te bring.

Nadat Dawid God se hulp in ’n geveg teen die Filistyne ervaar het (2 Sam. 21:15-22), vergelyk Dawid dit met sy redding uit “geweldige waters” (22:17). Dawid se hele lewe – en dié van sy manne – was in ernstige gevaar teen sy vyande. God het Dawid bemoedig terwyl hy deur ’n diep worsteling gegaan het. Terwyl lewensredders betaal word om die veiligheid van swemmers te verseker het God, aan die ander kant,  Dawid as gevolg van Sy liefde vir hom, gered (vs. 20). My hart bons van blydskap wanneer ek daaraan dink dat God nie na my omsien en beskerm uit verpligting nie maar, omdat Hy wil.

As ons oorweldig voel deur die probleme van die lewe, kan ons rus in die wete dat God ons Lewensredder is, Hy sien ons stryd en, as gevolg van Sy welbehae in ons, bewaak en beskerm Hy ons.