Weerspieël Godsliefde
Ek het die voorreg gehad om my ma te versorg gedurende haar behandeling by die kankerversorgingsentrum waar sy ingewoon het. Selfs op haar moeilikste dae het sy haar Bybel gelees en vir ander gebid voordat sy opgestaan het.
Sy het daagliks tyd met Jesus gespandeer en haar geloof betoon deur haar afhanklikheid van God, haar goeie dade en haar begeerte…
Verwyder Die Buit
’n Sperdatum vir ’n skrifstuk het op my gewag, terwyl die rusie wat ek vroeër die oggend met my man gehad het, nog deur my gedagtes maal. Ek staar na die flikkerende kursor, terwyl my vingers op die sleutelbord rus. Here, hy was óók verkeerd.
Toe die rekenaarskerm afskakel was my weerkaatsing dié van ’n suurgesig. My onerkende misdrywe het…
Deurweek Met Die Woord
Toe ons seun Xavier ’n kleuter was, is ons na die Monterey Bay Akwarium. By die ingang het ek gewys na ’n groot beeldhouwerk wat van die plafon gehang het: “Kyk, ’n boggelrugwalvis!”
Xavier se oë het gerek. “Reusagtig,” het hy gesê.
“Hoe ken hy daardie woord?” het my man gevra.
“Hy moes dit by ons gehoor het,” het ek gesê. Ek was…
Deel Bekers Van Troos
’n Vriendin het vir my van haar eie erdewerk gepos. Sommige items – soos die koppie wat in ’n paar groot stukke gebreek het – is tydens die reis beskadig. Nadat my man die stukke aanmekaargelas het, het ek die pragtige geskonde koppie op ’n rak uitgestal.
Ek het – net soos daardie gelaste stuk erdewerk – ook littekens wat…
Niks Is Tevergeefs Nie
Dit was die derde jaar waartydens ek teen moedeloosheid en depressie geveg het weens beperkte beweging en chroniese pyn. Ek het vir ’n vriendin gesê: “My liggaam gee in. Dit voel asof ek niks meer van waarde vir God of my naaste kan bied nie.”
Sy het haar hand op myne gesit. “Sou jy sê dit maak nie ’n verskil as…
Gryp Dankbaarheid Vas
Jare se moegheid weens chroniese pyn en frustrasie met my beperkte beweging het my uiteindelik ingehaal. Ek was ontevrede, veeleisend en ondankbaar. Ek het gekla oor my man se versorging en hoe hy die huis opruim. En al is hy die beste kok wat ek ken, het ek gekla oor die eentonigheid van ons geregte. Toe hy uiteindelik erken dat…
Die Ware Ek
Gevoelens van onwaardigheid en skaamte het jarelank byna my hele lewe negatief beïnvloed. Sê nou ander hoor van my reputasie? Met God se hulp het ek ’n kerkleier vir ete genooi, tog wou ek perfek voorkom. My huis was silwerskoon, ’n driegangmaaltyd gereed en ek was in my beste klere.
Ek is gou na buite om ’n kraan toe te…
Die Regte Manier Om Te Bid
Ek bewonder mense wat gebedsversoeke aanteken, rekord hou van elke gebed en lofprysing en wat gereeld hulle rekords opdateer. Ek word geïnspireer deur mense wat byeenkom om saam te bid en wie se bedmatjies deur gereelde neerknielende gebed verslyt is. Ek het vir jare lank hierdie perfekte gebedstyl in my strewe na welsprekendheid probeer aanleer en daarna gestreef om, na…
Anderkant Die Sterre
NASA het in 2011 dertig jaar se ruimtenavorsing gevier. In hierdie drie dekades het ruimte pendeltuie (shuttles) meer as 355 mense die ruimte in vervoer en gehelp met die bou van ’n internasionale ruimtestasie. NASA het nou, na die onttrekking van vyf van die pendeltuie, sy fokus na diep-ruimteverkenning verskuif.
Massiewe bedrae geld en baie tyd is in die studie…
Ruimhartige Gewers
Die kerkleierskap het eers gekyk na alles wat God in die verlede in ons kerk gedoen het en toe ’n voorstel vir ’n nuwe gimn., waardeur ons ’n beter diens aan die gemeenskap kon lewer, aan die gemeente voorgelê. Dié span was die eerstes wat hulle finansieel verbind het aan die bouprojek. My aanvanklike gebede het my selfsug verraai. Ek…