Riglyne vir Kommentaar

Hartlik welkom by die Ons Daaglikse Brood-gemeenskap! Omdat ons graag vir elke gebruiker ’n aangename ervaring wil verseker, vra ons dat jy kennis sal neem van die volgende riglyne voordat jy enige kommentaar plaas.

Bepaal jou asseblief by die onderwerp. Ons doelwit is om bespreking en gemeenskaplikheid aan te moedig. Die volgende sal nie geplaas word nie:

  • Verering van blogskrywers of inhoud.
  • Enige kommentaar wat nie verband hou met die blog-onderwerp nie. Skakel ons asseblief indien jy graag kommentaar wil lewer oor iets wat nie verband hou met die inhoud van die blog nie.
  • Onbeleefde opmerkings. Wees asseblief hoflik wanneer jy kommentaar lewer, veral wanneer jy van die blog- of ander kommentaarskrywers verskil.
  • Onwelvoeglike, dreigende, beledigende, haatdraende, rassistiese of seksueel eksplisiete taalgebruik.
  • Persoonlike aanvalle op die blogskrywer of enigiemand anders. Enige negatiewe verwysing na ander mense of organisasies.
  • Politieke standpunte.
  • Advertensies of versoeke.
  • Skakels na ander webtuistes.
  • Jou eie of iemand anders se persoonlike inligting, soos e-posadresse, posadresse, telefoonnommers, en so meer.

Wees asseblief bondig en relevant.
Moet asseblief nie dieselfde kommentaar meer as een keer plaas nie.
ODB Ministries behou hom die reg voor om die reëls hierbo te eniger tyd te verander of nuwe reëls by te voeg.