ONS MISSIE

Die belangrikste verhouding wat ’n mens kan hê, is dié met Jesus Christus. Dít is waarom ons graag wil sien dat mense uit al die nasies sal weet wie Hy is en in ’n persoonlike verhouding met Hom leef. Ons wil almal help om in hulle geloof te groei, meer soos Christus te word en die waarheid van God se Woord met ander te deel.

Ons Missie Ons missie is om die lewensveranderende wysheid van die Bybel vir alle mense verstaanbaar en toeganklik te maak.

Ons Visie Ons visie is om te sien dat mense uit al die nasies in ’n persoonlike verhouding met Christus leef, meer soos Hy word en in ’n plaaslike gemeente van Sy liggaam dien.