Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Dennis Fisher

Verborge skat

’n Britse skattejagter het ’n groot hoeveelheid Romeinse muntstukke in ’n veld in die suidweste van Engeland ontdek. Dave Crisp het ’n metaal detektor gebruik en op ’n groot pot afgekom met 52,000 muntstukke daarin. Die antieke silwer en brons geldstukke, wat uit die derde eeu n.C. dateer, weeg meer as 700 kilogram en die waarde word bereken op $5…

slegs ’n slets

In sy boek The Weight of Glory vertel C. S. Lewis die verhaal van ’n vrou wat geboorte aan ’n seun geskenk het terwyl sy in ’n onderaardse sel as gevangene aangehou is. Aangesien die seun nooit die buitewêreld gesien het nie, het sy ma probeer om dit vir hom te beskrywe deur allerhande potloodsketse te maak. Later, toe hulle…

Om jou ouers te eerbiedig

My pa het onlangs negentig geword en sy fisiese vermoëns begin nou regtig afneem. Hy kan nog met sy loper loop, maar het iemand nodig om sy etes voor te berei en hom met ander take te help. My ouer broer, Steve en sy vrou Judy, woon naby hom en daarom het hulle besluit om Pa by hulle in te…

Die vakman se vaardigheid

Ek het onlangs na ’n dokumentêre program oor die maak van ’n Steinway klavier gekyk. Dit het gewys met watter sorg hierdie besondere instrument gemaak word. Vandat die bome afgesaag word, totdat die klavier in die musiekwinkel verskyn, gaan dit deur tallose verstellings deur die hande van vaardige vakmanne. Wanneer die jarelange proses eindelik voltooi is, word die instrument deur…

Om van a tot z te rou

Jerusalem was in vlamme gehul en verwoes en die profeet Jeremia was in trane. Sy profesie van Goddelike oordeel is geïgnoreer en nou het sy verskriklike woorde in vervulling gegaan. In die kort boekie, Klaagliedere, word die vernietiging van Jerusalem beskrywe en ook die profeet se rouproses oor die skrikwekkende gebeure. Jeremia het hierdie boekie geskrywe met inagneming van die…

Vrede tydens ’n krisis

Ted, een van die ouderlinge in ons gemeente, was voorheen ’n offisier in die polisie. Eendag is hy uitgeroep na ’n geweldadige aanranding en toe hy daar kom, het die situasie lewensgevaarlik geword. ’n Man het iemand met ’n mes gesteek en toe het hy Ted aangeval. ’n Ander offisier het daar aangekom,’n skoot afgevuur. Ongelukkig het hy die krimineel…

in modder Vasgeval

Jeremia is al by geleentheid die “treurende profeet” genoem. Hy het waarskynlik ’n sensitiewe natuur gehad en was melankolies ingestel. Hierdie feit, tesame met sy hartseer oor God se oordeel oor die volk Israel, het daartoe bygedra. Die omvang van sy hartseer is verbasend: “Ag, was my kop maar vol water en my oë ’n fontein met trane, dan sou…

een hart op ’n keer

Die Kwaker, John Woolman, ’n rondreisende prediker, het sy eie stryd gestry om slawerny in die kolonies van Amerika te beëindig. Woolman het met leiers van die slawe gekonfereer en gepraat oor die onreg wat gepleeg word wanneer ander mense as besittings aangehou word. Alhoewel Woolman slawerny nie heeltemal kon uitroei nie, het hy tog daarin geslaag om baie eienaars…

gereineer van alle krag

Toe ek ’n tiener was, het ek en my pa dikwels op jagtogte of visvangekspedisies gegaan. Ons het goeie herinneringe aan die meeste van hierdie geleenthede, maar ek onthou dat een van ons visvang-uitstappies byna ’n totale ramp was. Ons het opgery na ’n hoë bergtop en daar ons kamp opgeslaan. Dit was ’n baie afgeleë area. Toe het ek…

genesing vanaf die hemel

Thomas Moore (1779-1852) was ’n Ierse skrywer wat pragtige liedere geskryf het. Hy was ook ’n sanger en ’n digter. Deur sy besondere talent het hy vir baie mense vreugde gebring. Tog was sy persoonlike lewe baie tragies. Hy was gepla deur voortdurende erge hoofpyne, en al vyf sy kinders het tydens sy leeftyd gesterwe. Omdat hy soveel beproewinge beleef…