Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

Die Vreugde van herinnering

’n Goeie vriend het onlangs 90 geword. Hy beskryf sy lewe as volg: “Ek beskou hierdie tydperk as ’n tyd om oor my lewe te reflekteer. Ek bestee baie ure om terug te dink. Dis vir my ’n tyd van ‘Vreugdevolle Herinnering’. Dis so maklik om te vergeet wat die Here vir jou gedoen het en hoe Hy jou gelei…

Die Verhaal van ’n muur

Toe ek per geleentheid die ruïnes van Hadrian se Muur in die Noorde van Engeland besoek het, het ek daaraan gedink dat dié muur miskien die grootste prestasie van die Romeinse keiser was, hy wat in 117 n.C aan bewind gekom het. Soveel as 18,000 Romeinse soldate het die muur van byna 200 kilometer, beman. Die muur is opgerig met…

anderkant die status Quo

Dr. Jack Mezirow, ’n emiritus professor aan die Columbia Teachers College, is van mening dat die essensiële element in volwasse lering is om gereeld jou eie persepsies en insigte krities te evalueer. Dr. Mezirow beweer dat volwassenes die beste leer as hulle met ’n disoriënterende dilemma gekonfronteer word, “iets wat jou help om die veronderstellings wat jy deur die jare…

Vry Om te Kies

Toe dit bekend geword het dat die belangrikste voetbalwedstryd van die seisoen op Yum Kippur, die Joodse Groot Versoendag, gespeel sou word, het die studenteraad van die universiteit van Texas die skoolraad gevra om die datum te verander. Hulle het gevoel dit sou onregverdig teenoor Joodse studente wees om hulle te dwing om te kies tussen die wedywering met Oklahoma,…

’n fokus op regverdigheid

Gedurende die afgelope 135 jaar waarin liga bofbal gespeel is, het nog slegs 20 gooiers ’n perfekte wedstryd gespeel. Op 2 Junie 2010 het Armando Galarraga van die Detroit Tigers dit wel reggekry en hy sou dan die 21ste gewees het. Maar die skeidsregter het ’n fout begaan en hom daardie eer ontneem. Toe die video gespeel is, het dit…

soos ’n Kudde

Gedurende ’n demonstrasie hoe om troppe skape met behulp van ’n skaaphond te hanteer, het die hondetemmer verduidelik dat omdat skape so maklik deur wilde diere gevang word, is hulle beste verdediging teen sulke aanvalle om in ’n trop bymekaar te bly. “’n Skaap wat alleen is, is ’n dooie skaap” het hy gesê. “Die goedopgeleide hond hou die skape…

Om die woord oor te dra

Jerry McMorris het 50 jaar gelede, toe hy nog ’n student aan die Universiteit van Chicago was, begin om die Wall Street Journal te lees. Hy het daardie publikasie so waardeer en omdat hy ’n besondere liefde vir sy alma mater gehad het, het hy vir honderde studente op die Wall Street Journal ingeteken. Hy het aan die Colorado Springs…

’n Asemrowende Uitsig

Vanaf my woning in Kolorado het ek onlangs die Google Kaarte gebruik om die omgewing van Nairobi in Kenia te verken en daar rond te loop. My familie het twee dekades gelede daar gewoon. ’n Sattelietbeeld op my rekenaar het my gehelp om paaie, geboue en ander plekke te identifiseer. Dis was so duidelik dat dit vir my gevoel het…

Sien Die Persoon Binnekant

Op die eerste Februarie 1960 het vier nie-blanke studente van ’n nabygeleë kollege na ’n restaurant in Greensboro, in Noord Carolina gegaan en in die area vir blankes gereserveer, gaan sit. Franklin McCain het ’n ouer blanke dame bemerk wat daar naby hulle gesit en hulle dopgehou het. Hy was oortuig dat sy onvriendelike gedagtes teenoor hulle gekoester het omdat…

’n Familie Reünie

Die afgelope 29 jaar hou ons stad steeds ’n Viering van die Lewe reünie en elke jaar word lede van ’n unieke familie so bymekaargebring. Hierdie besondere byeenkoms bring dokters, verpleegsters en staf van die Colorado Springs Gedenkhospitaal vir Kinders weer in aanraking met pasiënte wat vroëer in die intensiewe sorg eenheid versorg is. Party is nog babas in stootwaentjies…