Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Cindy Hess Kasper

Kom Huis toe

Toe die negentien jarige Amelia in die dokter se spreekkamer gesit het, is die bekende Hallelujalied “Saggies en Teer is die Roepstem van Jesus” in die agtergrond gespeel. Sy het met ’n glimlaggie teruggedink aan die pragtige lied en toe onthou dat die woorde ook van die skaduwees van die dood melding maak. Vir ’n oomblik het sy daaraan gedink…

Asem Van Die Lewe

In sy boek Life After Heart Surgery vertel David Burke van sy ondervinding en hoe naby aan die dood hy hom bevind het. Terwyl hy daar in die hospitaal gelê het, het hy ontsettende pyn beleef en moeite gevind om asem te haal. Hy het gevoel dat hy besig was om te sterwe en daarom het hy een laaste keer…

Die Laaste Jellieboontjie

Een middag het Angela aan haar jong dogtertjie vier jellieboontjies gegee en haar goed laat verstaan dat dit al is wat sy sal kry – nie een meer nie! Nadat sy die eerste drie jellieboontjies sommer vinnig en gulsig verorber het, het Elina die laaste een so versigtig hanteer. Sy het dit eers ’n rukkie gesuig, dit toe uit haar…

Verwagting

Aan die begin van Maart het my vriendin ’n aftelling begin. Op haar kalender in haar kantoor het sy aangeteken dat dit nog net 20 dae tot die begin van lente sou wees. Een oggend toe ek haar gesien het, het sy opgewonde uitgeroep: “Nog net 12 dae!” ’n Paar dae later: “Nog net 6.” Haar entoesiasme het my aangegryp…

Vulkaniese aktiwiteite

Dit kom tot uitbarsting! Dit smelt alles wat in die pad kom. Die uitbarsting is so magtig soos ’n vulkaniese ontploffing! Wel, miskien nie heeltemal so erg nie – maar ’n humeur wat tot uitbarsting kom en aan ’n familielid gerig is, kan oneindig skade doen. Dit mag net ’n oomblik duur, maar dit kan emosionele chaos veroorsaak en langdurige…

kyk en leer

Terwyl ’n skeidsregter ’n sagtebalwedstryd van dogters hanteer het, het een van die ma’s skielik begin om in ’n sangstem uit te roep: “Ons wil ’n nuwe skeidsregter hê. Ons wil ’n nuwe skeidsregter hê.” Na ’n rukkie het ander ouers ook begin om die uitroep te herhaal. Die skeidsregter het geglimlag en na die toeskouers gekyk en hard uitgeroep:…

Die Oog Wat Nooit Slaap Nie

Die speurder, Allan Pinkerton, het beroemdheid verwerf toe hy gedurende die midde 1800’s verskeie rooftogte op treine opgelos het. Hy het ook die plan om president Abraham Lincoln te vermoor, verhoed. Lincoln het per trein gereis onderweg na sy inhuldiging as president, toe Pinkerton die aanval verhoed het. Die Pinkerton National Detective Agency, het beroemdheid verwerf vanweë hulle leuse “Ons…

Die ware eienaar

Het jy gehoor van die kerk wat nie genoeg ruimte vir parkering gehad het nie? Gelukkig was dit langs ’n inkopiesentrum, wat Sondae gesluit was, geleë. ’n Lidmaat het die eienaar gevra of hulle nie van die ruimte gebruik kon maak nie. “Geen probleem nie,” het die man gesê. “Julle kan dit 51 weke in die jaar benut, maar die…

God se handtekening

My vriende het ’n huis langs die meer. Teen die muur is ’n verskeidenheid foto’s van ’n sonsondergang wat vanaf die huis, gedurende verskillende seisoene geneem is. Alhoewel elkeen asemrowend mooi is, is nie een dieselfde nie. Wanneer ek na die foto’s kyk, dink ek aan wat ’n vriend van my ’n sonsondergang genoem het: “God se pragtige handtekening aan…

onbeperkte sukses

In November 2009 het ’n skokkende voorval plaasgevind toe ’n ongenooide egpaar die Withuis binnegestap het, terwyl ’n ete gaan die gang was, en selfs naby genoeg gekom het om ’n foto saam met die president van die VSA te laat neem. Dit was ’n skokkende breuk van sekuriteit. Gewoonlik word die agtergrond van elke persoon deeglik nagegaan en die…