Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by anelenkosi

Stiltetyd met god

Deesdae is dit baie belangrik om gekonnekteer te wees. Baie mense sit nie ’n voet uit die huis sonder hulle selfoon nie. Skootrekenaars het onmisbaar geword. Ons voel ons moet 24 uur van die dag bereikbaar wees. Sommige sielkundiges beskou hierdie begeerte om gekonnekteer te bly as ’n tipe verslawing. ’n Groeiende getal mense is deesdae besig om hulle gebruik…

Dit is My besigheid

Gedurende 1955 toe segregasie in die suide van Amerika nog baie streng gehandhaaf is, het Emmett Till, ’n swart tiener van Chicago, familie in Mississippi besoek. Nadat hy dit gewaag het om met ’n blanke vrou te praat, het twee blankes hom vermoor. ’n Blanke jurie, wat net uit mans bestaan het, het die twee onskuldig bevind nadat hulle slegs…

Respek vir die lewe

I n Psalm 139 beskrywe Dawid hoe God sy klein liggaampie in die donker skoot van sy moeder gevorm het. Ja, God het Dawid liefgehad nog lank voordat hy eers gebore is en bestaan het. God het Dawid geskep en gevorm soos wat Hy hom wou gehad het, volgens sy ewige raadsplan. Dawid gebruik ’n besondere metafoor in hierdie psalm.…

Moeilikhede

I s dit vir jou verbasend dat probleme ’n deel van die lewe is? Miskien nie. Ons ken almal probleme – slegte gesondheid, ’n leë bankrekening, liefde wat teleurstel, hartseer, om jou werk te verloor, ja, en die lys word steeds langer. Daarom behoort dit ons nie te verbaas dat God toelaat dat addisionele beproewings ons tref nie – om…

Alleen Oor Kersfees

My Kersfees in my oupa se huisie naby Sakogu in die noorde van Ghana, was die eensaamste nog. Ek was 15 jaar oud en my ouers en sibbes was ’n duisend kilometer daarvandaan. Die vorige jare saam met hulle en my dorpsvriende, was Kersfees altyd ’n groot en onvergeetlike gebeurtenis. Dié Kersfees was dit egter stil en eensaam. Vroeg Kersoggend,…

Om Hulp Te Vra

Haar e-pos het ná ’n lang dag gekom, tog het ek dit nie oopgemaak nie. Ek was druk besig om ’n siek familielid by te staan. Daar was dus nie tyd vir sosiale afleiding nie.

Die volgende oggend het ek my vriendin se boodskap gelees: “Kan ek jou help?” Heel verleë wou ek Nee antwoord. Ek het my asem diep…

Waar Om Hoop Te Vind

Elizabeth was ’n dwelmverslaafde en het lank gesukkel om die verslawing te breek. Sy het dit nietemin later oorwin en wou daarna graag ander uit dankbaarheid help. Sy het begin deur anonieme notas deur die stad te versprei deur dit onder motors se ruitveërs te plaas en aan pale in parke vas te kram. Waar sy voorheen na tekens van…

Onveranderlike Liefde

Ek het reeds op hoërskool vir die universiteit tennis gespeel en baie ure van my jong lewe op die vier sementbane, wat nie ver van ons huis geleë was nie, deurgebring. Ek het net een doel voor oë gehad en dit was om my spel te verbeter.

Tydens my laaste besoek aan die stad waar ek opgegroei het, kon ek…

Wanneer Teëspoed Toeslaan

Gedurende die Asiatiese Finansiële Krisis in 1997 het meer mense werk gesoek as wat daar beskikbare poste was. Ek was een van hulle. Ná 9 angsvolle maande het ek ’n betrekking as kopieskrywer gekry. Die maatskappy het egter kort daarna finansiële probleme ondervind en ek was weer sonder werk.

Was jy al in ’n soortgelyke posisie? Nes dit lyk of…

Omgee Met Waaksaamheid

My seun was al halfpad by die deur uit toe ek vir die tweede keer by hom wou weet, sonder om te lieg, of hy regtig sy tande geborsel het. Hy het skertsend opgemerk dat ek die installasie van ’n sekuriteitskamera in die badkamer moet oorweeg. Dan sou ek self kon sien of hy sy tande geborsel het of nie…