Die lewe in hierdie ou wêreld kan soms baie moeilik wees. By geleentheid het almal van ons al gewonder, waar is die Here in my probleme? En moontlik het ons selfs gedink: Dit lyk asof ongeregtigheid seëvier, maar nogtans swyg God. Tog het ons ’n keuse hoe ons ten opsigte van ons probleme wil reageer. Die profeet Habakuk is vir ons ’n goeie voorbeeld. Hy het gekies om hom in die Here te verbly. Habakuk het Israel se geestelike en morele agteruitgang aanskou en dit het hom diep bekommer. Maar God se reaksie op hierdie probleme het hom nog meer ontstel. God het besluit om die Babiloniërs te gebruik om sy volk te straf. Habakuk kon God se optrede nie verstaan nie. maar hy kon juig omdat hy geleer het om op God se wysheid, geregtigheid en soewereiniteit te reken. Hy sluit sy boekie af met die wonderlike woorde: “Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder” (Hab. 3:18). Alhoewel dit nie vir hom duidelik was hoe Israel die probleme sou oorkom nie, het hy geleer om God te vertrou te midde van ongeregtighede, lyding en verlies. Hy sou deur geloof alleen volhard. Met hierdie tiepe geloof, het vreugde en vrede gekom en kon hy op God vertrou ten spyte van die negatiewe omstandighede. Ook ons kan juig te midde van ons beproewinge en op God vertrou in die wete dat Hy soewerein is en alles beheer.