Navorsers aan die universiteit van Minnesota het ’n studie gedoen en vasgestel dat 15 persent van die tieners dit as “hoogs waarskynlik” beskou dat hulle voor hulle 35ste verjaarsdag sou sterwe. Dié groep met hierdie negatiewe siening, sal meer geneig wees om roekeloos te lewe. Dr. Iris Borowsky, wat hierdie studie wat in die Pediatrics tydskrif gepubliseer is, gedoen het, sê: “Hierdie jongmense sal dinge waag omdat hulle nie hoop het nie en voel dat daar nie veel op die spel is nie.” Niemand voel nooit moedeloos nie. Die Psalms beeld dikwels gevalle van wanhoop en moedeloosheid uit. Daar word uitroepe om hulp gedoen wanneer alles donker lyk. “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. Hy is my helper en my God” (Psalm 42:6). In ’n desperate stap van geloof, herinner die digter homself daaraan dat hy nie van God moet vergeet nie, God wat hom nooit sal verlaat nie. Curtis Almquist het gesê: “Hoop word aangevuur deur die teenwoordigheid van God … dit word ook aangevuur deur die toekomstige teenwoordigheid van God in ons lewens.” Daarom kan ons met die psalmdigter uitroep: “Ek sal weer vir Hom ’n loflied sing!” (vs. 6). Geen Christen moet traag wees om berading te ontvang wanneer depressie toeslaan. Ons moet ook nie voel dat geloof en gebed te eenvoudig is om te help. Daar is altyd hoop in God!