’n Sokker afrigter in Bronx (New York) wou goeie karaktereienskappe by sy spelers aanmoedig. In plaas van om hulle name agterop hulle truie te plaas, het die spelers van Maritime Kollege se truie woorde soos respek, familie, verantwoodelikheid en karakter vertoon. Voor elke wedstryd het die afrigter, Clayton Kendrick-Holmes, die spelers herinner dat hulle volgens die beginsels op hulle truie moes speel. Die apostel Petrus het sy eie lys Christelike eienskappe gehad (2 Petrus 1:5-7). Hy het gelowiges aangemoedig om hierdie eienskappe aan hulle geloofslewe toe te voeg. Deugsaamheid. Om God se doel vir die lewe met moraliteit na te jaag. Kennis. Om God se Woord te bestudeer, wysheid te verkry en so valsheid te oorwin. Selfbeheersing. Om God te eer deur te kies om goddelike eienskappe te vertoon. Volharding. Om te volhard selfs wanneer dit moeilik gaan, omdat ons vertroue het op die karakter van God. Godsvrug. Om die Here in alle omstandighede en in alle verhoudinge te eerbiedig Broederliefde. Om opregte broederlike liefde te betoon. Liefde. Om opofferinge ter wille van ander te maak. Kom ons streef daarna om hierdie eienskappe deel van ons lewe te maak en steeds toe te neem in heiligmaking.