“My volgende plaat moet vyf-enveertig minute stilte wees,” het die sanger Meg Hutchinson gesê, “want dit is wat ons die meeste in die samelewing mis.” Dis inderdaad baie moeilik om stilte te vind. Stede is verskriklik lawaaierig vanweë die druk verkeer en baie mense wat oral rondstap. Dit voel asof daar net geen wegkomkans is van al die luidrugtige musiek, raserige masjiene en harde stemme nie. Maar die tipe musiek wat regtig gevaarlik is en ons geestelike lewens benadeel, is die lawaai wat ons nie kan ontsnap nie en wat ons self in ons huise innooi. Sommige van ons gebruik daardie lawaai omdat ons eensaam is; die stemme op TV en die radio-persoonlikhede gee ons die gevoel dat ons nie alleen is nie. Ander van ons gebruik die TV om ons eie gedagtes uit te sluit. Ander stemme en opinies het ’n manier om God se stem stil te maak. Ja, voortdurende geklets, selfs wanneer ons oor God praat, kan verhinder dat ons hoor wat Hy vir ons wil sê. Maar Jesus het selfs tydens sy besigste tye, geleenthede gesoek om eenkant alleen te wees sodat Hy ’n gesprek met sy Vader kon voer (Markus 1:35). Selfs al kan ons nie ’n plek vind waar ons regtig stil kan wees nie, moet ons leer om ons siel stil te laat word (Psalm 131:2). Ja, ons moet ’n plek soek waar God ons volle aandag sal hê, en ons ook in staat sal wees om te hoor wat op sy hart is vir ons.