Die Gran Telescopio Canarias, is een van die wêreld se sterkste teleskope. Dit is bo-op ’n uitgewerkte orkaan in La Palma, op die Kanariese eilande, geleë. Koning Carlos van Spanje het dit in 2009 ingehuldig en dit bied aan sterrekundiges ’n besondere duidelike uitsig op die hemele. Dis 7,870 voet bo seespieël en die teleskoop is bokant die wolke waar die winde droog is en daar min turbulensie is. Hier, naby die ewenaar, bestudeer wetenskaplikes en sterrekundiges die Noordelike Hemelruim en ook ’n deel van die Suidelike. Jesus het ook ’n heuweltop gekies vanwaar Hy sy volgelinge vertel het wat die eienskappe van ’n lewe toegewy aan God moet wees. Daar het Hy hulle geleer dat ’n mens se houding en nie die hoogte bo seespieël belangrik is om ’n duidelike uitsig op die Vader te verkry. Een van die saligsprekinge lui soos volg: “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien” (Matteus 5:8). Dis nie net vir hulle wat dit probeer bereik nie, maar vir elkeen wat dit met nederigheid ontvang. Om ’n hart te besit wat rein is in die oë van God, moet ons die Here se vergifnis aanvaar deur Jesus Christus as Verlosser aan te neem. “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Johannes 1:9). ’n Bergtop is ’n goeie plek vanwaar ons die hemele kan aanskou, maar ook kan insien dat God ’n hartsverandering verwag.