Corrie ten Boom (1892-1983) was gedurende die Tweede Wêreldoorlog in ’n konsentrasiekamp. Na die oorlog het sy ’n bekende en populêre spreker geword wat dwarsdeur die wêreld opgetree het. Duisende het haar byeenkomste bygewoon en sy het vertel hoedat sy geleer het om die Duitsers wat haar gevange geneem het, te vergewe, soos wat Christus haar haar sonde vergewe het. Na elke vergadering het talle mense om haar vergader en haar geprys vir haar optrede en haar gedank vir haar bemoediging en haar wandel met die Here. Corrie vertel dat sy dan na haar hotelkamer teruggekeer het en op haar knieë neergesak het en al daardie komplimente as “’n ruiker van lofprysing” aan die Here opgedra het. Die Here het aan elkeen van ons gawes gegee wat ons kan gebruik om ander te help en so “God in alles [te] verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid” (1 Petrus 4:11). Ons het niks om aan ander te bied wat ons nie eers self van God ontvang het nie (1 Kor. 4:7) en daarom behoort al die eer aan Hom. Om nederigheid aan te leer, moet ons miskien Corrie se voorbeeld navolg. As ons ’n kompliment ontvang vir iets wat ons gedoen of gesê het, laat ons dan in die geheim aan God ’n ruiker van lofprysing gee, vir die eer wat Hom alleen toekom.