“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde” (Psalm 46:11). Hierdie woorde kom uit ’n lied wat baie lank gelede in die tempel in Jerusalem gesing is en dit herinner ons aan wat ons belangrikste taak op aarde is – om ons ontsagwekkende God te verheerlik. Een manier waarop ons dit kan doen, is om te mediteer oor al sy wonderlike eienskappe. Verhoog Hom want Hy is getrou, ewig, alwetend, regverdig, onveranderlik, genadig, heilig, verdraagsaam, onpartydig en ewig. Hy is volmaak. Verhoog Hom ook omdat Hy almagtig, persoonlik, regverdig, onveranderlik, wys en drie-enig is. Dank Hom omdat Hy toeganklik is, en deernis aan ons betoon. Nog ’n manier om Hom te verheerlik is om oor sy name na te dink. Aanbid Hom want Hy is Skepper, Hy is Liefde, Hy is Verlosser, Hy is ons Herder, Hy is Redder, Here en Vader. Hy is die Regter, maar ook die Trooster. Hy is ons Onderwyser, en Hy is die groot EK IS. Ons God is die Almagtige Een. Oordink Wie Hy regtig is: Hy is ons Skild, ons Skuilplek, ons Lig, ons Krag, ons Onderhouer, ons Helper en by Hom is ons veilig. Oordink al hierdie wonderlike eienskappe van ons God. Konsentreer op sy name. Oordink sy identiteit en aanbid Hom. Respekteer Hom, eer Hom, bemin Hom en verhoog Hom. Gebruik die res van jou lewe om jouself voor te berei om ons wonderlike God te ontmoet.