Dit kom tot uitbarsting! Dit smelt alles wat in die pad kom. Die uitbarsting is so magtig soos ’n vulkaniese ontploffing! Wel, miskien nie heeltemal so erg nie – maar ’n humeur wat tot uitbarsting kom en aan ’n familielid gerig is, kan oneindig skade doen. Dit mag net ’n oomblik duur, maar dit kan emosionele chaos veroorsaak en langdurige bitterheid nalaat. Dis so tragies dat dit gewoonlik die mense is vir wie ons liefhet, wat die teiken vir ons woede en aggressie word. Maar weet jy, selfs as ons uitgedaag of beledig word, het ons nog die keuse hoe ons gaan reageer, met aggressie of vriendelikheid? Die Bybel beveel ons om bitterheid en woede na te laat en “goedgesind en hartlik teenoor mekaar” (Efesiërs 4:32) te wees en mekaar te vergewe “soos God julle ook in Christus vergewe het.” Indien woede, aggressie, en bitterheid jou verhouding met ander benadeel, gee dan hierdie kwesbare aspek van jou emosies aan God oor (Filip. 4:13) en vra die Here om jou jou onbeheersde emosies te vergewe en jou te wys hoe jy hierdie emosies onder beheer kan bring sodat jy “hartlike broederliefde aan ander” kan betoon (Romeine 12:10). Vra hulp by ander sodat jy kan leer hoe om jou emosies te beheer en op die korrekte manier op te tree. As ons opreg soek en streef om ander lief te hê en die Here te behaag, kan ons die oorwinning oor ’n vulkaniese humeur verkry.