Die speurder, Allan Pinkerton, het beroemdheid verwerf toe hy gedurende die midde 1800’s verskeie rooftogte op treine opgelos het. Hy het ook die plan om president Abraham Lincoln te vermoor, verhoed. Lincoln het per trein gereis onderweg na sy inhuldiging as president, toe Pinkerton die aanval verhoed het. Die Pinkerton National Detective Agency, het beroemdheid verwerf vanweë hulle leuse “Ons Slaap Nooit” en ’n oop oog op hulle advertensie borde. Daar is geen beter gevoel as om te weet dat jy behoorlik beskerm word. Jy kan rustig slaap omdat die deure gesluit en alles rustig is. Jy voel veilig. Tog is daar baie mense wat snags wakker word met vreeslike gedagtes oor die hede, maar ook oor die toekoms. Hulle is bang. Party het ’n geraas buite die huis gehoor, ander is bevrees vir ’n eggenoot wat gewelddadig is. Ander kan nie slaap nie, is bekommerd oor ’n opstandige kind wat ’n verkeerde koers ingeslaan het. Nog ander luister gespanne of ’n siek kind nog asemhaal. Dis gedurende hierdie tye dat ons liefdevolle God ons aanmoedig om na Hom toe te kom, “Hy wat jou beskerm slaap nooit nie” (Psalm 121:3). “Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep” (Psalm 34:16). Hy hoor as sy kinders tot Hom roep, en Hy is altyd daar om ons te hulp te snel. Pinkerton mag ’n besondere “oop oog” gehad het, maar die Een wat nooit slaap nie, is die Here. Hy luister en is altyd gereed om ons te hulp te snel.