Month: November 2019

misplaaste Lering

Nadat ’n vierjarige seuntjie by die kleuterskool in die moeilikheid beland het, het sy ma hom gevra wat hy dan gedoen het. Hy verduidelik toe: “Ek was kwaad vir een van my maats. Maar Mamma het gesê ek mag nie iemand anders slaan nie. Toe vra ek maar ’n vriend om dit vir my te doen.” Waar sou iemand so…

nasionale trots

Ek en Martie, my vrou, het baie lief geword vir Engeland – die geskiedenis, kultuur en inwoners. As ons daar besoek aflê, is dit een van ons vreugdes om die opelug konserte, ook bekend as proms, by te woon. Dit word gewoonlik op grasperke van een of ander bekende landgoed gehou. “Die laaste Nag van die Proms” is altyd die…

geestelike gemorskos

In baie lande is daar ’n groot probleem naamlik dat kinders ooreet en gevolglik baie gewig optel, wat ongesond is. Hulle is veral lief vir allerlei tipes gemorskos en kweek ongesonde eetgewoontes aan. Die term gemorskos verwys na kosse wat goed smaak, maar geen of min voedingswaarde het en hoog is in kalorië en vet. Aartappelskyfies, koeldranke, sjokolade, koekies en…

sê nee en ja

Wanneer ons ons hande was om die vuilgoed en kieme te verwyder, was ons hulle regtig self? Nee en ja. Om presies te wees – die seep doen die werk – nie ons nie. Maar ons moet die keuse uitoefen om die seep te gebruik om ons hande skoon te kry. Paulus sê in 2 Timoteus 2:21, “As iemand hom…

sê nee en ja

Wanneer ons ons hande was om die vuilgoed en kieme te verwyder, was ons hulle regtig self? Nee en ja. Om presies te wees – die seep doen die werk – nie ons nie. Maar ons moet die keuse uitoefen om die seep te gebruik om ons hande skoon te kry. Paulus sê in 2 Timoteus 2:21, “As iemand hom…

DaagLikse yWer

Die internasionale beroemde violis, Midori, glo dat gefokusde en ywerige oefening die sleutel tot suksesvolle optrede is. Terwyl sy ’n stywe program van ongeveer 90 konserte per jaar aanbied, oefen sy nogtans 5 tot 6 ure per dag. Jane Ammeson het Midori in die NWA WorldTraveler aangehaal: “Ek moet oefen om my taak te vervul en ek oefen elke dag…

oorbrug die gaping

Twee jongmans, bedag op skelmstreke, het ’n bus wat sendingwerkers vervoer, genader. Dit was in ’n minderbevoorregte voorstad in Duitsland geparkeer. Die sendelinge was daar om kos aan die mense te gee en so ’n geleentheid te kry om die evangelie oor te dra, maar die twee jongmanne met skedelpette op hulle koppe, was daar om kwaad te stook. Die…

niks om oor te Lag nie

Terwyl ek en my vrou eendag deur ’n inkopiesentrum gestap het, het ons by ’n afdeling gekom waar T-hempies uitgestal was. Terwyl ons na die uitstalling gekyk het en geglimlag het vir sommige van die komiese stellings op die T-hemde, het ons een gesien wat ontstellend was. Daarop was geskryf: “So Baie Christene, So Min Leeus.” Daardie hempie, met die…

betekenisvol

’n Ou TV program het ’n sentrum vertoon wat skynbaar gereeld deur die kliënte besoek is. Die gedagte was dat dit ’n plek sou wees waar almal welkom was en mekaar se name geken het. Ons wil almal so graag aanvaar word en iewers inpas. Tog is daar diegene wat op die grenslyne van die lewe ’n bestaan voer en…

meer as brode

Isaac Pennington, ’n leier van die Kwakers gedurende die 17de eeu, het gesê: “Die Here het my geleer om van Hom te lewe – nie vir iets wat ek van Hom kan ontvang nie, maar op sy lewe alleen.” Die mense in Johannes 6 wou van Jesus lewe, maar nie om dieselfde rede nie, inteendeel, dit was nie omdat hulle…