Psalm 8 begin met ’n verbasende kontras. Dawid beweer skynbaar dat alhoewel die Here sy heerlikheid in die hemelruim aangetoon het, is daar ’n ander oortuigende antwoord aan God se kritici wat uit die mond van suigelinge kom. “Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u … vyande en wraakgieriges tot swye gebring” (Psalm 8:3). Waarom is ’n kind se getuienis so oortuigend? Een rede is omdat, anders as die onpersoonlike heelal, kan ’n kindjie God waarlik ken en liefhê. Jesus het Psalm 8:3 aangehaal toe die godsdienstige leiers so geskok en ontsteld was dat die kindertjies rondgehardloop en uitgeroep het: “Prys die Seun van Dawid!” (Matteus 21: 15). Hierdie kindertjies het geweet dat Jesus die langverwagte Messias is, alhoewel die leiers dit in daardie stadium nie geweet het nie. Vir my was dit van die wonderlikste oomblikke toe my kindertjies saans langs hulle bedjies gekniel het, en ek kon hoor hoe hulle hulle hartjies vir God oopmaak. Die eenvoud en opregtheid van hulle liefde, en hulle vertroue terwyl hulle gebid het, het my diep geraak, al my twyfel en vrese uit die weg geruim en my geloof versterk. Ons mag nooit die klein kindertjies gering ag en hulle geloof in Jesus geringskat nie (Matteus 18:6,10). Hulle getuienis is net so groot en magtig as dié van die sterrehemel daarbo.