Ek geniet dit om kerke se leuses of slagspreuke te lees, dit wat jy gewoonlik voor op die advertensieborde sien. Ek het een gelees wat sê: “Kom in en ondervind die kosbare teenwoordigheid van God.” Dit het my aandag getrek, want dis ’n belangrike belofte en een wat soms moeilik is om na te kom. Dis ’n uitdaging, want die gevaar bestaan dat kerke die teenwoordigheid van lidmate in plaas van die teenwoordigheid van die Here mag reflekteer. Wat moet ’n kerk dus doen om die teenwoordigheid van God ten toon te stel? Die lidmate moet dan soos Jesus lewe. Gasvryheid en ’n liefdevolle aanvaarding van alle soorte mense is belangrik. Lidmate moet bereid wees om te dien en liefde wat ander veilig laat voel, ongeag klas of kleur, te betoon.Verdraagsaamheid teenoor die swakhede en gebreke van ander, is belangrik. Ja, al hierdie dinge is nodig. Paulus sê: “Lewe … tot eer van die Here … deur net te doen wat Hy verlang” (Kolossense 1:10). En hy gaan verder om te sê dat om waardig te wees beteken om nederig, sagmoedig en liefdevol te wees, mekaar se laste te dra, en die eenheid van die Gees te bewaar, in “vrede met mekaar te lewe” (Efesiërs 4:2,3). Laat ons so lewe dat ander mense die teenwoordigheid van God in ons lewens sal sien – waar ons ook al mag wees, wat ons ook al mag doen, en veral in die kerk.