Gebruik jy Botox (’n verjongingskuur)? Baie mense gebruik dit wel. Sommige neem die behandeling om gesondheidsredes, maar baie ander net om jonger te lyk. Voorkoms is vir baie mense so belangrik dat hulle toelaat dat hulle met sekere middels ingespuit word wat glo die plooie sal wegneem. Plooie verdwyn wel vir ’n rukkie, maar kom dan weer tevoorskyn en dan moet die behandeling herhaal word. Botox is duur en dit het baie moontlike newe-effekte. Maar dit weerhou mense nie daarvan om die middels te probeer sodat hulle ’n beter voorkoms kan hê nie. Natuurlik is dit nie verkeerd om uiterlik mooi te wil lyk nie, maar wat belangriker is, is hoe ons binnekant lyk. Wat is ons bereid om op te offer sodat ons ’n goeie en opregte karakter kan hê? Is ons gewillig om ’n bietjie Botox vir die siel te neem? Is ons bereid om onsself in te spuit met daardie liefdevolle, genadige en onselfsugtige omgee vir ander, daardie eenheid wat ons geestelike lewe so kan verfraai (Efesiers 4:2-3)? Is ons gewillig om keer op keer na die Here toe terug te kom sodat Hy ons kan aanraak en ons geestelike lewe kan verdiep? Soek jy na maniere om goed te lyk? Soek deur die Bybel na tekste wat opbouend en karaktervormend is. Bid dan daaroor en vra die Heilige Gees om daardie eienskappe in jou lewe in te spuit. Die newe-effekte is almal goed.