Die HINI pandemi het die wêreld se oë op virusse gevestig. Virusse is lewende organismes wat ’n gasheer nodig het op wie hulle kan teer en chaos kan veroorsaak. In sommige gevalle kan ’n virus lank teenwoordig wees voordat die gasheer eers bewus word daarvan. Gedurende daardie tyd kan die virus baie skade veroorsaak. As dit egter van die gasheer weggeneem word, bly dit rustend of sterf gaandeweg. Op dieselfde wyse het sonde ook ’n gasheer nodig om lewend te kan bly. Op hulle eie is sondes soos selfsug, hoogmoed, gierigheid en woede slegs woorde. Maar wanneer so ’n sonde ’n menslike gasheer oorweldig, sal dit die gasheer probeer vernietig solank as wat die persoon nog lewe. Genadiglik het Jesus se opofferende sterwe aan die kruis, Christene van sonde vrygemaak (Romeine 6:18). Alhoewel ons nog sondig, help die Heilige Gees wat in ons is, ons om teen die sondevirus te stry, die luste van die vlees (Galasiërs 5:16). Johannes sê: “Iemand wat ’n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly” (1 Johannes 3:9). Nou wandel ons in afhanklikheid, met vertroue op die Heilige Gees en daarom sal ons eendag “onbevlek en met vreugde” (Judas 24) voor God staan. Is dit nie ’n wonderlike troos om te weet dat God jou bewaar, veral wanneer jy vandag in ’n wêreld instap wat deur die “virus van sonde” bevlek is?