Die dokumentêre film, In the Shadow of the Moon, bevat die verhaal van Charlie Duke, een van die ruimtevaarders wat in 1972 na die maan gelanseer is. Terwyl die ruimtetuig om die maan beweeg het, het Duke en ’n ander ruimtevaarder met die Orion module op die oppervlakte van die maan geland. Na drie dae waartydens eksperimente gedoen is en klippe op die maan opgetel is, het Apollo 16 en die bemanning veilig na die aarde teruggekeer. Charlie het later waarlik tot bekering gekom. Dit het gebeur toe ’n vriend hom na ’n Bybelstudie genooi het, waar hy diep geraak is. Na die byeenkoms het Charlie tot God gebid en vir Jesus gesê: “Ek gee my lewe aan U. Kom asseblief in my hart in en red my.” Toe het hy onbeskryflike vrede ondervind. Dit was so ingrypend dat hy sy verhaal met ander begin deel het. Charlie het gesê: “My wandeling op die maan het drie dae geduur, maar my wandeling met die Here duur vir ewig.” Die Bybel vertel ons van nog ’n man wat met die Here gewandel het. “[Henog] het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem” (Genesis 5:24). Sy geestelike wandeling met die Here was so intiem dat hy nie gesterf het nie, maar sommer direk na God geneem is (Hebreërs 11:5). Ons kan ’n les by Charlie en Henog leer. As gelowiges, ongeag waarheen ons paadjie op aarde lei, ons wandel met God duur vir ewig.