Stel jou voor jy kom eendag op kantoor
aan en jou baas groet jou en sê: “Kom
09:30 na my kantoor toe. Ek wil graag met
jou oor jou werk gesels.”
Dit sal vir enige werknemer ’n gespanne
tydjie wees. Jy wonder: Wat wil die baas
met my bespreek? Het ek dalk iewers
fouteer? Kry ek miskien ’n salarisverhoging?
Of gaan ek my werk verloor? Ja,
gaan ek hoor: “Goed gedaan” of gaan ek
dalk hoor:“Jy moet gaan!”
Hoe belangrik so ’n onderhoud ook al
mag wees, daar is ’n ander waarvan die
Bybel praat en wat veel gewigtiger is.
Nadat hierdie lewe verby is, sal ons almal
voor God staan om rekenskap te gee.
Paulus skryf: “Ons moet immers almal
voor die regterstoel van Christus verskyn,
sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy
tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit
nou goed was of kwaad” (2 Kor. 5:10).
Ons hoef nie daardie evaluasie te vrees nie
en te dink dat ons dalk ons verlossing kan verloor nie. Ons hoef
nie na menslike goedkeuring te verlang nie. Nee, inteendeel, ons
verlang net om die Meester se wonderlike woorde te hoor: “Mooi
so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf “ (Matteus 25:21).
Die uitdaging voor elkeen van ons as Christene is om Hom nou
na die beste van ons vermoë te dien, sodat ons eendag daardie
kosbare woorde uit sy mond kan hoor: “Mooi so!” God se uitspraak
hang af van hoe ek vandag hier op aarde lewe. Watter
uitspraak sal ek van God ontvang?