My vriend is deur ’n sendingpaartjie van die Verenigde State aangeneem en het in Ghana grootgeword. Hulle is later terug na die Verenigde State, waar hy kollege toe is, maar opgeskop het. Hy is later na die weermag toe, wat hom gehelp het om sy klasgelde te betaal en hom oor die wêreld heen geneem het. God was deurentyd aan die werk om hom voor te berei vir ’n spesiale rol. Hy is vandag die outeur en redakteur van Christelike lektuur wat mense oral in die wêreld bedien.

Sy vrou se verhaal is ewe interessant. Aan die einde van haar eerste jaar het sy haar Chemie-eksamen gedruip vanweë sterk medikasie wat sy vir epilepsie moes gebruik. Ná deeglike oorweging het sy van wetenskap oorgeskakel om Amerikaanse gebaretaal met sy hanteerbare werklas te studeer. Haar siening? “God het my lewe op ’n groter doel gerig.” Vandag maak sy Sy lewensveranderende Woord toeganklik vir gehoorgestremdes.

Wonder jy soms waarheen God jou lei? Psalm 139:16 erken God se soewereine hand in ons lewe: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Ons weet nie hoe God ons omstandighede gaan gebruik nie, maar ons kan rus in die wete dat Hy alles van ons af weet en ons voetstappe rig. Al sien ons nie Sy hand nie, is Hy nooit afwesig nie.